Boland_College_Caledon_Career_Day-Aug2016

Caledon kampus bied loopbaanuitstalling aan

Foto: Me Sugnet Sieberhagen (Kampusbestuurder: Caledon kampus) en Gerswin Okkers (Oud-student: Caledon kampus) by die Overberg Brand en Redding voertuig wat gebruik is om ‘n praktiese demonstrasie by die loopbaandag te lewer.

Boland Kollege se Caledon kampus het op 17 Augustus ‘n loopbaanuitstalling vir huidige studente aangebied. Die dag het ten doel gehad dat huidige studente blootgestel word aan die verskeidenheid werksgeleenthede wat daar in hulle onderskeie velde beskikbaar is. Bestuursassistent studente is toegespreek deur oud-studente wat tans werksaam is by die Wes Kaapse Onderwys Departement in Caledon en ook deur oud-studente wat by die kampus self werksaam is in onder andere ontvangs en studente administrasie. Studente het ook praktiese blootstelling gekry deur ‘n besoek aan die administratiewe kantore en ‘n kyk na die sisteme wat gebruik word.

Konstabel Botha van die SAPS het ‘n insiggewende sessie met die Gemeenskapsveiligheid studente gehad en het inligting rakende die polisie en toelating tot die polisiediens verskaf. Gemeenskapsveiligheid studente het daarna ‘n parade op kampus hanteer. Die Overberg Brand en Redding Departement het ook vir groot opwinding gesorg met hulle demonstrasie op kampus gedurende die pouse. Na die interaktiewe demonstrasie het Mnr David van Wyk en Mnr Jeffery Ruiters ‘n gesprek met studente aangaande die dienste van Overberg en Redding gehad. Wat hierdie demonstrasie en praatjie baie besonders gemaak het, is dat een van Caledon kampus se oud-studente Gerswin Okkers ook tans by Overberg Brand en Redding in Caledon werksaam is.

Die Primêre Gesondheid studente is ook nie uitgelaat met die loopbaanuitstalling nie. Suster Irene De Waal en Me. Sadie Pietersen het die studente rakende tuisversorging kom toespreek.

‘n Hartlike dank aan Mnr Eugene Booysen (Beroepsvoorligting: Intern) vir die organisering van hierdie dag en alle personeel en die eksterne organisasies betrokke by die koördinering van die geleentheid.

Vir meer inligting rakende die kampus en programme wat aangebied word, skakel gerus die kampus by 028 212 3270.