BOLAND COLLEGE CALEDON GEMEENSKAPSVEILIGHEID STUDENTE BETREE SUKSESVOL DIE BEROEPSWêRELD
Die Gemeenskapsveiligheid kursus wat aangebied word by Boland Kollege Caledon en Worcester kampus is ‘n kursus met wye beroepsmoontlikhede en verskeie oud-studente bevind hulle in verskillende afdelings van die veiligheidsmagte in Suid-Afrika.
Oor die afgelope paar jaar het ‘n verskeidenheid van Caledon se oud-studente onder meer by die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Suid- Afrikaanse Lugmag en ook die Brandweer internskappe of betrekkings aanvaar. Die kursus strek oor drie jaar en behels praktiese en teoretiese komponente. Die praktiese komponente van die kursus sluit onder andere dril, fiksheid, hindernis bane en hofbesoeke in.
Daar is tans sewe oud Caledon studente naamlik Marsha Murtz, Nazley Salies, Songezo Njenje, Bradley Potberg, Donovan Parang, Rupert Pedro en Myron Jantjies wat voltyds in die diens van die SAPS staan en ’n verdere vier studente Colbin Willemse, Clayton Makka, Rozanne Oostendorp en Donè Alexander wat hul internskappe by onderskeie polisiekantore doen.
Daar word tans ook ondersoek ingestel na verdere internskappe vir studente by die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Gurswin Okkers en Benjamin Dasi is onderskeidelik by Caledon en Swellendam se Brandweer in diens. Nicolin Farmer is ‘n oud-student wat tans by die Lugmag in Wijnberg gestasioneer is. Nicolin is ook ‘n besonder skrander individu en het ‘n tweede plek in die fiksheidskompetisie van die Lugmag in Suid-Afrika verwerf en ‘n algehele vyfde plek in die kompetisie waar al die gekose lede van die lugmag, weermag, polisie en vloot deelgeneem het.
Boland Kollege hou met trots die loopbane van hierdie oud-studente dop en wens hulle alle sterkte toe met hulle loopbane verder.
Vir meer inligting aangaande die Gemeenskapsveiligheid en ander kursusse besoek gerus die Gemeenskapsveiligheid bladsy.